Die Bram Fischer Wals
R150
Hoewel hy algemeen bekend is as die Afrikaner-Kommunis wat vir Nelson Mandela van die galg gered het, is bitter min bekend oor Bram Fischer die man. Fischer was ‘n gerespekteerde senior advokaat by die Johannesburgse Balie, wat gekies het om hom by die onderdruktes te skaar en wat ondergronds gegaan het om by die gewapende stryd aan te sluit. Hy is op 5 November 1965 in hegtenis geneem nadat hy vir bykans tien maande op vlug was.
In stock
Description
Die vele fasette van die merkwaardige man word weerspieel in Die Bram Fischer Wals, Harry Kalmer se liriese huldeblyk. Die bondige, maar kragtige solostuk, met die protagonis as die verteller, neem die gehoor op ‘n emosionele reis soos Fischer se verhaal ontvou.

“Ek is dit verskuldig aan politieke gevangenes, aan die uitgewekenes, aan dié wat stilgemaak is en diegene onder huisarres om nie ‘n toeskouer te bly nie, maar op te tree.” Ná Bram Fischer dié woorde uit sy verklaring voorgelees het, wat hy in die beskuldigdebank tydens sy hoogverraadverhoor gelewer het, is hy lewenslange tronkstraf opgelê. Fischer was onwrikbaar verbind tot die droom van ’n nie-rassige demokrasie, maar ook ’n humoristiese, opgewekte mens en ’n toegewyde gesinsman vir sy vrou en kinders.
Die vele fasette van die merkwaardige man word weerspieel in Die Bram Fischer Wals, Harry Kalmer se liriese huldeblyk. Die bondige, maar kragtige solostuk, met die protagonis as die verteller, neem die gehoor op ‘n emosionele reis soos Fischer se verhaal ontvou.
Die teks word aangevul met ‘n voorwoord deur adv. George Bizos, ‘n inleiding deur die dramaturg waarin hy vertel oor die pad wat daartoe gelei het dat hy die drama geskryf het en ‘n nawoord deur Yvonne Malan, getiteld “Die krag van morele moed”.
Additional information
Dimensions | 19 × 12 cm |
---|---|
Author | |
Date Published | 2016 |
Publisher | |
Specifications | 19x12x76pp |